0/11 Limodo Sport Tennistoernooi

0/11 Limodo Sport Tennistoernooi

Elke jaar gaan neem Oranje-Noord deel aan die 0/11 Limodo Sport tennistoernooi in Bethlehem.  LON het ‘n seuns- en dogtersspan in die A-afdeling gehad waar skole vanoor die hele land deelneem.  ‘n Totaal van 75 spanne, maw 300 kinders het aan hierdie toernooi deelgeneem.  Die afgelope 10 jaar het Primêre Meisieskool Oranje (Bloemfontein) die dogters A-afdeling gewen, maar vanjaar het Oranje-Noord geskiedenis gemaak en as wenners uit die stryd getree. Ons is super trots op al die LON spelers wat deelgeneem het.  Die kompetisie was baie sterk, maar elkeen het deurtentyd goeie sportmanskap en baie deursettingsvermoë getoon.  Bou so voort!

 

Kopiereg © 2020. Laerskool Oranje-Noord. Alle Regte Voorbehou.

Webblad Ontwerp & Onderhou deur Web Ateljee