Split Second Science het vanaf 8 tot 10 Julie ʼn TechnoWeek by Laerskool Oranje-Noord aangebied. Die werkswinkel is gebruik as loodsstudie (Pilot study program) om LEGO Robotics klubs te begin in alle Upington skole. Die werkswinkel het bestaan uit Gr 5 & 6 leerders van Laerskool Oranje-Noord en is aangebied deur Felix Spies, Heine Kulsen en Chané February, fasiliteerders van Split Second Science. Die “Mindstorms EV3 Lego Blocks ” word gebruik om robotte te bou en deur middel van kodering word beplande funksies op ‘n spesiale mat uitgevoer. Hierdie kodering word ook self deur die leerders gedoen. Dit was ʼn baie groot voorreg om deel te wees van hierdie spesiale geleentheid – ‘n eerste vir Upington.
Leerders wat deel was van hierdie geleentheid:
Omontle Matebese
Wiaan van Niekerk
Liandri van der Steen
Jessica Lok
De Villiers Fourie
Juanita Barlow
Luan Olivier
Wilhelm Smith
Ruan Spamer
Charmi Viljoen
Alyssa Engels
Tristen du Toit
Herman Husselmann
Wilbur Nieuwoudt
Adriaan van Niekerk
Matthew Scanlen
Johan van der Merwe
Rikus Harmse
Ruben Scanlen
Jacques Pretorius
Wilma Strauss
Chané King
Martin Roos
Keith Jonker
Ian Rykheer
Nico Hodgson
Carla Klindt
Conner Robbertze
Kopiereg © 2022. Laerskool Oranje-Noord. Alle Regte Voorbehou.