BRANDWEER DIENSTE BESOEK GRAAD R GROEP

DAWID KRUIPER MUNISIPALITEIT:  BRANDWEERDIENSTE BESOEK GRAAD R GROEP

Dit was met groot opgewondenheid dat die Graad R leerders van Laerskool Oranje-Noord besoek is deur die plaaslike munisipaliteit se brandweerdienste.  Almal het dit baie geniet en luidkeels saam gejuig toe die sirenes geloei het en die waterstraal hoog in die lug gespuit is.  Die graad R leerders het die afgelope kwartaal van al die nooddienste geleer.  Baie dankie vir hierdie leersame besoek.  Dit is baie spesiaal om dit in lewende lywe te ervaar.

Kopiereg © 2020. Laerskool Oranje-Noord. Alle Regte Voorbehou.

Webblad Ontwerp & Onderhou deur Web Ateljee