Laerskool Oranje-Noord Seniorkoor skitter by Sing in Harmonie

Sing in Harmonie is die eerste skole koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale tv hul merk te maak.
Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.
In 2018 het 180 kore aan hierdie kompetisie deelgeneem.

Laerskool Oranje-Noord se Seniorkoor het op Sondag 23 September aan kykNET Nou! se Sing in Harmonie finale te Silverstar Casino, Krugersdorp deelgeneem.

Hulle het in die informele, seniorkoorafdeling meegeding.

Om tot die finale rondte deur te dring, moes hulle eers as streekswenners aangewys word. Dit het plaasgevind op 28 Mei 2018 te Kathu.

Tydens die finaal is meegeding teen ander streekwenners van: Noordwes, Noord-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat en KZN.

Hier behaal hulle die volgende prestasies: Kykerskeusewenner 2018 en ook ‘n algehele derde plek vir 2018!

Ons is baie trots op hierdie ongelooflike nasionale prestasie van ons singende Rooibye!

Kopiereg © 2020. Laerskool Oranje-Noord. Alle Regte Voorbehou.

Webblad Ontwerp & Onderhou deur Web Ateljee