LON Hokkie

Die 0/13A dogters hokkiespan van Laerskool Oranje-Noord het hierdie jaar spoggerig gelyk in nuwe hokkie rokkies wat deur Bella Roma Restaurant geborg is. Hulle het die seisoen goed begin, maar selfs beter geëindig deur alle wedstryde wat gespeel en gelykop tellings gehad het, in wenne te verander. Dit laat hul onoorwonne vir die seisoen. Hulle bedank graag Mnr. Lukas van der Westhuizen vir sy hulp rakende die borgskap vir die pragtige rokkies waarin hulle die skool se naam kon hoog hou.

Agter van Links: Berta Brand (doelwagter), Mikkie Kotze, Mischa Geldenhuys, Beneatha Barnard, Marzel du Plessis, Kayla Ehlers, Mev. Maronelle Blomerus (afrigter)
Middel van Links: Carli Nieuwoudt, Ina-Mari Nel, Joané Visser, Lara van den Heever
Voor van Links: Lené van den Berg en Carla Snyman

Kopiereg © 2020. Laerskool Oranje-Noord. Alle Regte Voorbehou.

Webblad Ontwerp & Onderhou deur Web Ateljee