Nuus

Master Builders

FIRST LEGO LEAGUE ROBOTICS

LON Robotics Club vaar uitstekend tydens hul eerste kompetisie die afgelope naweek.  Hulle neem deel aan die First Lego League Noord-Kaap streeksuitdunne.  Ons is baie trots op ons leerders en elkeen is ‘n wenner in ons oë.  Geluk aan die Master Builders span van Nico Hodgson, Carla Klindt en De Villiers Fourie wat deurgedring het tot die nasionale kompetisie in Johannesburg.


Sportseun en sportdogter 2019


Hoofleiers 2020


DUX-seun 2019: Pierre Nel


DUX-dogter 2019: Alri Brown


SANSSU SA Kampioenskappe

Wynand Bezuidenhout, Diné Joubert en Fouché van Niekerk het 22-27 September 2019 aan die SANSSU SA Kampioenskappe deelgeneem.  Diné Joubert eindig algeheel 2de in die 0/12 pistoolafdeling.  Haar span eindig eerste in SA.  Diné skiet ook 3 voltalle, wat beteken dat ‘n pistoolskut 100 uit 100 skiet.  ‘n Ongelooflike prestasie.

Fouché van Niekerk neem deel aan die 0/14 Sporterafdeling en eindig algeheel 3de in sy afdeling.  Baie geluk.

Ons is baie trots op hierdie Rooiby skuts.


Techno Youth Week: Lego Robotics

Split Second Science het vanaf 8 tot 10 Julie ʼn TechnoWeek by Laerskool Oranje-Noord aangebied. Die werkswinkel is gebruik as loodsstudie (Pilot study program) om LEGO Robotics klubs te begin in alle Upington skole. Die werkswinkel het bestaan uit Gr 5 & 6 leerders van Laerskool Oranje-Noord en is aangebied deur Felix Spies, Heine Kulsen en Chané February, fasiliteerders van Split Second Science. Die “Mindstorms EV3 Lego Blocks ” word gebruik om robotte te bou en deur middel


BRANDWEER DIENSTE BESOEK GRAAD R GROEP

DAWID KRUIPER MUNISIPALITEIT:  BRANDWEERDIENSTE BESOEK GRAAD R GROEP

Dit was met groot opgewondenheid dat die Graad R leerders van Laerskool Oranje-Noord besoek is deur die plaaslike munisipaliteit se brandweerdienste.  Almal het dit baie geniet en luidkeels saam gejuig toe die sirenes geloei het en die waterstraal hoog in die lug gespuit is.  Die graad R leerders het die afgelope kwartaal van al die nooddienste geleer.  Baie dankie vir hierdie leersame besoek.  Dit is baie spesiaal om dit


0/11 Limodo Sport Tennistoernooi

0/11 Limodo Sport Tennistoernooi

Elke jaar gaan neem Oranje-Noord deel aan die 0/11 Limodo Sport tennistoernooi in Bethlehem.  LON het ‘n seuns- en dogtersspan in die A-afdeling gehad waar skole vanoor die hele land deelneem.  ‘n Totaal van 75 spanne, maw 300 kinders het aan hierdie toernooi deelgeneem.  Die afgelope 10 jaar het Primêre Meisieskool Oranje (Bloemfontein) die dogters A-afdeling gewen, maar vanjaar het Oranje-Noord geskiedenis gemaak en as wenners uit die stryd


SA-atletiekkampioenskappe

Baie geluk aan Janco Gagiano, Izanne Maritz en FJ Maritz wat as deel van die Noord-Kaapspan aan die SA-atletiekkampioenskappe te Germiston gaan deelneem hierdie komende vakansie.

Janco en JF neem deel aan die Hoogspring item en Izanne aan die 1400m.

Baie sterkte, ons is trots op julle.


Nuwe personeel 2019:

Nuwe personeel 2019:
Oranje-Noord verwelkom 3 nuwe personeellede. Hulle is die volgende onderwysers:

Mev. C. Deetlefs: Graad 4
Mev. K. Kruger: Graad 5
Me. E. van der Merwe: Graad R
Baie welkom!


Die Heuningpot | Laerskool Oranje-Noord

Die Rooibye stel met trots vandag ons snoepie se naam bekend…

Baie goeie voorstelle het ingekom en uit al die kreatiewe voorstelle het ons besluit op DIE HEUNINGPOT 🐝 Die oulike voorstel is gemaak deur Mev. Sonja Stolper.

Graag wil ons ook baie dankie sê vir Mev. Melissa van der Colff vir haar groot bydrae. Dit lyk pragtig.


Die Rooiby te koop


Uitslae van 0/10 tennistoernooi te Laerskool Newton (Kimberley)

Die Laerskool Newton 0/10 tennistoernooi het plaasgevind van 20 tot 22 September 2018 te Kimberley. LON se 0/10 tennisspanne vaar uitstekend.

Die Seuns A span wen Goud (1ste plek):

Corné Kriek, Nico Hodgson, Tristen du Toit, Wickus Nel

Dogters A span web Goud (1ste plek)

Carla Kuhn, Milan van der Berg, Rozanne Archer, Mathilda TerBlanche

Dogters B wen Silwer (2de plek)

Janike Coffee, Hané Oosthuizen en Elmari van Zyl

Seuns B eindig 4de


Uitblinkers konsert 24 Oktober

Uitblinkers konsert 24 Oktober


Laerskool Oranje-Noord Seniorkoor skitter by Sing in Harmonie

Laerskool Oranje-Noord Seniorkoor skitter by Sing in Harmonie

Sing in Harmonie is die eerste skole koorkompetisie in sy soort wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale tv hul merk te maak.
Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.
In 2018 het 180 kore aan hierdie kompetisie deelgeneem.

Laerskool Oranje-Noord se Seniorkoor het op Sondag 23 September aan kykNET Nou! se Sing in Harmonie finale te Silverstar Casino, Krugersdorp deelgeneem.

Hulle


Goud by Newton toernooi!

Oranje-Noord seuns A en dogters A wen goud by Newton toernooi!

Oranje-Noord seuns A en dogters A wen goud by Newton toernooi! Dogters B silwer en seuns B 4de! Welgedaan seuns en dogters! Almal is wenners. Dankie vir julle uitstekende gedrag, asook jul ondersteuning van mekaar.


Musiekleerlinge het baie goed gevaar

Musiekleerlinge het baie goed gevaar tydens die afgelope Associated Board of Royal Schools of Music (ABRSM) musiekeksamens

Die volgende musiekleerlinge het baie goed gevaar tydens die afgelope Associated Board of Royal Schools of Music (ABRSM) musiekeksamens.
Mienke van den Heever Klavier Gr 3 81%, Lizelle Human Klavier Gr 1 85%, Mari Human Klavier Gr 1 83%, Corlene Maass Klavier Gr 2 80%, Niel Visser Klavier Gr 2 78%.
Ons is baie trots op hierdie musikale Rooibye!


Wenner Talentaand 2018 | Laerskool Oranje-Noord

Oranje-Noord hou ‘n baie suksevolle Talentaand

Die wenners van elke afdeling is as volg:
Kiara Leite-Reid: Dans afdeling, Marlé Jacobs: Sang afdeling en Anje Nel: Ope afdeling.

Die aand was baie opwindend en is geopen met ‘n dans item deur die onderwysers en afgesluit met ‘n sang item deur mnr Tinus van Zyl.


Zea Botma

0/13 Krieket Winterweek

Hierdie Rooiby maak ons super trots. Zea Botma het aan die 0/13 krieket winterweek deelgeneem. Sy het 43 lopies aangeteken en is as ‘n skitterende diamant beskryf.
Sy het haar kans gebruik en die “batting cap” gekry vir beste batsman met ʼn 96% “batting rate” vir die 2 dae. Baie geluk ZEA!


Tweede semester leerlingraad

Tweede Semester Leerlingraad


LON se 0/13 netbaldogters

Baie geluk aan LON se 0/13 netbaldogters

Baie geluk aan LON se 0/13 netbaldogters en hul afrigters wat op pad is na die SA Netbalkampioenskappe.  Hulle het as wenners in die Noord-Kaap uit die stryd getree.  Ons is baie trots op julle.


0/11 Rugby Toer Jagkompetisie Uitslae

Baie geluk aan die wenners van ons prystrekking op 23 April 2018:

  • 1ste Prys: ‘n Goue Gemsbokbul of Goue Wildebeesbul
    Tanya Meyer
  • 2de Prys: 1 Gemsbok, 1 Rooibok en ‘n slaglam
    Magriet Peter
  • 3de Prys: 3 Sprinbgokke en ‘n slaglam
    Fantie Botha
  • 4de Prys: 1 Koedoekarkas
    Thomas Gremels
  • 5de Prys: 1 Slaglam
    Werner

Skolierpatrollie nuwe pette

Ons sê dankie aan mnr Henk van der Merwe van Fit-It Upington wat Oranje-Noord se skolierpatrollie van nuwe pette voorsien het.

Die skolierpatrollie lede is nou baie meer sigbaar en teen die son beskerm. Baie dankie.


Jagkompetisie 2018

Laerskool Oranje-Noord – o/11 Rugby Toer

Jagkompetisie

  • 1ste Prys – Goue Gemsbokbul of Goue Wildebeesbul
  • 2de Prys – 1 Gemsbok, 1 Rooibok en ‘n slaglam
  • 3de Prys – 3 Springbokke en ‘n slaglam
  • 4de Prys – 1 Koedoekarkas
  • 5de Prys – 1 Slaglam

Terme & Voorwaardes geld.
Die bokke wat gejag moet word sal uitgewys word deur die eienaar.
Trekkingsdatum: 23 April 2018
Kaartjie: R100
Skakel Thinus van Zyl 079 225 8503


ZFM Atletiek 2018 | Laerskool Oranje-Noord

ZFM Atletiek 2018

Baie geluk aan die 14 atlete wat aan die Noord-Kaap byeenkoms gaan deelneem.

Voor vlnr: Mathilda Terblanche, Marnè Compion, Neldrie Brand, Izanne Maritz
Middel vlnr: Ethan van Zyl, AJ Burger, Marzel du Plessis, Joanè Visser, Leonè Barlow, HE Olivier, FJ Maritz
Agter vlnr: Henry Page, Renier Els en Janco Gagiano

Tydens die ZFM distrik byeenkoms het HE Olivier die seuns 0/12 Hoogspring rekord gebreek met ‘n hoogte van 1,50 m en FJ Maritz het die 0/10 seuns se hoogspring rekord geëwenaar.


Nuwe personeel Januarie 2018

Voor: Mev E van Baalen (Gr R), Mev T van Wyk (Gr 5), Mev S Furter (Gr 5)
Agter: Mnr T van Wyk (Adjunkhoof en Gr 6) en G Els (Departementshoof en Gr 6 & 7)


Lieben Engelbrecht | Laerskool Oranje-Noord

Veelsydige sportman laat rekords spat

Lieben Engelbrecht het vanjaar in verskeie sportsoorte uitgeblink en reeds provinsiale kleure in 3 sportkodes verwerf.

Lieben is ‘n kranige atleet en die skool se 0/12 hoogspringrekord pryk reeds agter sy naam.

Hy is ook die voorste tennisspeler in die Noord-Kaap en het al verskeie toernooie die jaar puik presteer.

Voorts het Lieben ook Griekwas in ‘n 0/13 rugbyweek en in ‘n 0/13 A Sewes-toernooi onderskeidelik in Sasolburg en Bloemfontein verteenwoordig.

Meer onlangs het hy in ‘n krieketwedstryd


Graad 1 Musiekleerlinge | Laerskool Oranje-Noord

International Associated Board of Royal Schools of Music Exams

Laerskool Oranje-Noord is baie trots op die musiekleerlinge wat aan die internasionale Associated Board of Royal Schools of Music eksamens deelgeneem het. Hulle uitslae het gewissel vanaf 78% tot 90%! Sewe musiekleerlinge ontvang meriete-toekennings en twee musiekleerlinge slaag met log.

Stephan van Zyl – Graad 1 – 90% Lof
Aldo Maritz – Graad 1 – 86,6 % Lof
Corlia van Zyl – Graad 1 – 85% Meriete
Abigail Basson – Graad 1 – 85% Meriete


Seuns B Tennisspan | Laerskool Oranje-Noord

De-Aar Tennis

Seuns A eindig de en seuns B 1ste. Digters A eindig 2de en dogters B ook 1ste.

Seuns B: Owen Loxton, Tristen du Toit, Philip Kuhn en Pierre Nel

Dogters B: Jeané Terblanche, Melaine du Toit, Lara van den Heever, en Ina-Mari Nel

Seuns A: Johanré Terblanche, Ruan Kuhn, Adriaan Myburgh en Johann van Rooyen.

Dogters A: Lené van den Berg, Mila Fölscher, Janneke Engels, en Riana Archer


O/13 A Hokkiespan | Laerskool Oranje-Noord

LON Hokkie

Die 0/13A dogters hokkiespan van Laerskool Oranje-Noord het hierdie jaar spoggerig gelyk in nuwe hokkie rokkies wat deur Bella Roma Restaurant geborg is. Hulle het die seisoen goed begin, maar selfs beter geëindig deur alle wedstryde wat gespeel en gelykop tellings gehad het, in wenne te verander. Dit laat hul onoorwonne vir die seisoen. Hulle bedank graag Mnr. Lukas van der Westhuizen vir sy hulp rakende die borgskap vir die pragtige rokkies waarin hulle die skool se naam kon hoog hou.

Agter


Schools Inaugural Choral Music Festival | Laerskool Oranje-Noord

Schools Inaugural Choral Music Festival

Laerskool Oranje-Noord se seniorkoor het Vrydag, 25 Aug, op BAIE kort kennisgewing aan die ZF MC Gawu SCHOOLS INAUGURAL CHORAL MUSIC FESTIVAL deelgeneem.

As een van die 16 laerskoolkore het ons as volg in die volgende afdelings gevaar:
Skoollied: eerste
Volkslied: tweede

Baie geluk aan die Mevv. Kuhn en Nel met die puik uitslae.


Provinsiale Kompetisie van WOW | Laerskool Oranje-Noord

Provinsiale Kompetisie van WOW

Die Provinsiale Kompetisie van WOW (woorde open wêrelde van Universiteit van Stellenbosch) vind Saterdag, 9 Sept by Fanie Malan plaas. Die leerlinge van ons skool het deurgedring.

Links: Marli Jacobs (Graad 5)
Regs: JD Carr (Graad 7)


WOW Spelkompetisie | Laerskool Oranje-Noord

WOW Spelkompetisie

Hul het die naweek aan die WOW spelkompetiesie deelgeneem. Willanie het tweede gekom en Jonelle vierde.

Links: Jonelle de Wet (Graad 1)
Regs: Willanie Knoesen (Graad 1)


Funky Feet | Laerskool Oranje-Noord

Funky Feet

Laerskool Oranje-Noord het op 18 Augustus ‘n”Funky Feet” dag gehou ten bate van CHOC. Die kinders was baie kreatief en her hul voete baie mooi versier/ “Funky” gemaak. Die kinders het dit baie geniet.


7 Skuts opgeneem in Noord-Kaap skietspan | Laerskool Oranje-Noord

7 Skuts opgeneem in Noord-Kaap skietspan

Baie geluk aan die 7 skuts van Oranje-Noord wat opgeneem is in die Noord-kaap skietspan. Hulle gaan die 30ste September tot die 5de Oktober aan die SA Kampioenskappe deelneem in Newcastle. Ons wens hul alle sterkte toe.

Voor: Rolàn de Kock Louis-Jean Ferreira Fouché van Niekerk.
Agter: Janko Botma, Stian Steenkamp, Minnet van Niekerk, Villiers Brits en Maricel Jordaan.


Uitstappies 2017


Skaak 2017 | Laerskool Oranje-Noord

Skaak 2017


Karate | Laerskool Oranje-Noord

Karate


Entrepreneursdag 2017 | Laerskool Oranje-Noord

Entrepreneursdag


Esiteddfod 2017 | Laerskool Oranje-Noord

Eisteddfod


Nuwe Personeel 2017 | Laerskool Oranje-Noord

Nuwe Personeel 2017


Noord-Kaap Liga Wenners | Laerskool Oranje-Noord

Noord-Kaap Liga Wenners

Laerskool Oranje-Noord se Noord-Kaap Liga Wenners.


2de Semester Leerlingraad 2017 | Laerskool Oranje-Noord

2de Semester Leerlingraad 2017

Oranje-Noord se nuwe leerlingraad vir 2017.


Nuwe Leerlingraad 2016 | Laerskool Oranje-Noord

Nuwe Leerlingraad 2016

Oranje-Noord se nuwe leerlingraad vir 2016


Nuwe Personeel 2016 | Laerskool Oranje-Noord

Nuwe Personeel 2016

Oranje-Noord se nuwe personeellede. Name van links na regs: Jorina Potgieter Gr 3, Annette Verdoes Gr 3, Sandra Thirion Gr 7, Luzanne Pool Gr 4,6,7; Jacolene de Kock Gr 6 en 7, Sunéy van der Westhuizen Gr 2.


Kopiereg © 2019. Laerskool Oranje-Noord. Alle Regte Voorbehou.

Webblad Ontwerp & Onderhou deur Web Ateljee