Veelsydige sportman laat rekords spat

Lieben Engelbrecht het vanjaar in verskeie sportsoorte uitgeblink en reeds provinsiale kleure in 3 sportkodes verwerf.

Lieben is ‘n kranige atleet en die skool se 0/12 hoogspringrekord pryk reeds agter sy naam.

Hy is ook die voorste tennisspeler in die Noord-Kaap en het al verskeie toernooie die jaar puik presteer.

Voorts het Lieben ook Griekwas in ‘n 0/13 rugbyweek en in ‘n 0/13 A Sewes-toernooi onderskeidelik in Sasolburg en Bloemfontein verteenwoordig.

Meer onlangs het hy in ‘n krieketwedstryd 101 onoorwonne lopies teen ‘n buurskool behaal. Wat hierdie prestasie so uniek maak is die feit dat die wedstryd net oor 25 boulbeurte beslis is. Hy vorm reeds deel van die Noord-Kaap krieket 0/13 plattelands-span en is nou besig met proewes om vir die Noord-Kaap 0/13 span te kwalifiseer.

Oranje-Noord is baie trots op die uitstekende atleet en hou sy sportloopbaan met belangstelling dop.

Kopiereg © 2021. Laerskool Oranje-Noord. Alle Regte Voorbehou.

Webblad Ontwerp & Onderhou deur Web Ateljee