Main Content
Oor Ons
Ons Missie
Deur goeie en doeltreffende onderrig en opvoeding in ‘n dinamiese skool die kind volgens Christelike beginsels op te voed tot ‘n gebalanseerde volwassene en goed toegeruste wêreldburger in die 21ste eeu.
Ons Visie
Deur onderrig en opvoeding van die leerling, in samewerking met die bestuursraad en die ouers, die skool te handhaaf as die beste laerskool in die Noord-Kaap.
Ons skool streef na:
- Oranje-Noord as skool van die toekoms.
- Christelike beginsels, waardes en norme.
- ‘n Hoë akademiese standaard.
- ‘n Gesonde balans tussen akademie, sport en kultuur.
- ‘n Opregte belangstelling in die kind.
- Ferm maar gesonde dissipline.
- Onderrig deur medium van Afrikaans.
- Omvattende fasiliteite.
- ‘n Gelukkige skoolomgewing.
- ‘n Plattelandse atmosfeer.
- Goed opgeleide en toegeruste leerkragte.
Ons Credo
- Die kind is die belangrikste persoon in Laerskool Oranje-Noord.
- Die ouer is die lewensbloed van ons skool.
- ‘n Ouer is deel van ons skool, nie ‘n buitestaander nie.
- ‘n Ouer is nie afhanklik van ons nie, ons is afhanklik van mekaar.
- ‘n Ouer is ‘n persoon wat met aspekte rakende sy kinders na ons kan kom.
- ‘n Ouer is iemand om mee te gesels, nie om swaarde mee te kruis nie.
- ‘n Ouer verdien ons mees beleefde behandeling.