Main Content

Skooldrag

Ons skool uniforms is beskikbaar vir aankoop by twee gerieflike klerewinkels, naamlik De Jagers en SANCO.

Kleredrag

Somerdrag

Seuns:

Formele skoolklere:

Wit kortmou skoolhemp. Grys kortbroek, grys langbeensokkies wat omslaan.
Swart toeryg-skoolskoene. Op koeler dae mag maroen trui of maroen moulose trui gedra word, asook sweetpakbaadjie. (Navy “fleece top” slegs saam met wintersdrag).

Sespaneel-skoolpet vir beskerming teen son, slegs pouses (opsioneel in somer).

 

LO-drag:

Navy broek en LO hemp. Sport-tekkies (nie te bont) met wit sokkies of ‘Bytjie’ sokkies (nie “secret-socks”). Sweetpakbaadjie. GEEN trui of navy “fleece top” saam met somer LO-klere nie. Sespaneel-skoolpet vir beskerming teen son, slegs pouses (opsioneel in somer).

Meisies:

Formele skoolklere:

Wit en maroen geruite rok (Oranje-Noord). Kort maroen spanbroekie (“skipants”) mag onder die rok gedra word, maar mag nie uitsteek nie. Kort wit skoolsokkies wat omslaan met swart skoolskoene. Op koeler dae mag maroen trui of maroen moulose trui gedra word, asook sweetpakbaadjie. (Navy “fleece top” slegs saam met wintersdrag). Sespaneel-skoolpet vir beskerming teen son, slegs pouses (opsioneel in somer).

LO-drag:

Navy broek en LO hemp (mou of mouloos). Tekkies (nie te bont) met wit sokkies of
‘Bytjie’ sokkies (nie “secret-socks”). Sweetpakbaadjie. GEEN trui of navy “fleece top” saam met somer LO-klere nie. Sespaneel-skoolpet vir beskerming teen son, slegs pouses (opsioneel in somer).

Winterdrag

Seuns:

Formele skoolklere:

Wit langmou kraaghemp met skooldas. Grys langbroek, grys langbeensokkies.
Swart toeryg-skoolskoene. Maroen trui, maroen moulose trui, maroen en wit sweetpakbaadjie of navy “fleece top”. Maroen serp en maroen/navy handskoene opsioneel. Geen musse.

LO-drag:

Maroen sweetpakbroek en LO-hemp. Sport-tekkies (nie te bont) met wit sokkies of
‘Bytjie’ sokkies (nie “secret-socks”). Sweetpakbaadjie of navy “fleece top”. GEEN trui saam met LO-klere nie.

Meisies:

Formele skoolklere:

Wit langmou kraaghemp met skooldas. Grys romp (soom net bo knie) of grys
langbroek. Grys langbeensokkies / swart sykouse / swart broekiekouse met swart skoolskoene. Maroen trui, maroen moulose trui, maroen en wit sweetpakbaadjie of navy “fleece top”. Maroen serp en maroen/navy handskoene is opsioneel. Geen musse.

LO-drag:

Maroen sweetpakbroek en LO-hemp (mou of mouloos). Tekkies (nie te bont) met wit sokkies of ‘Bytjie’ sokkies (nie “secret-socks”). Sweetpakbaadjie of navy “fleece top”. GEEN trui saam met LO-klere nie.

Bykomstighede en algemene netheid

Seuns:

Hare: Hare moet ten alle tye kort en netjies wees. Hare mag nie oor die ore hang nie. Hare om die ore moet skoongeknip wees. Die hare mag nie aan die ore OF die hemp se kraag raak wanneer dit gekam word nie. As die kuif vorentoe gekam sou word, mag dit nie oor die wenkbroue hang nie. Geen uitheemse of vreemde haarstyle, bv. “steps”, “mohawk”, stertjies, “undercut’ of ENIGE ANDER modegier, ens. nie. Hare of gedeeltes daarvan mag nie gekleur word nie – geen haarknippies of iets dergeliks mag gedra word nie. Geen “dreadlocks” of enige vorm van verlengstuk in hare, word toegelaat nie. Hare mag nie gekleur word nie. Sonstrepe is ook nie toelaatbaar nie.

Naels: Naels moet kort en netjies wees. (As daar van die palm se kant na die hand gekyk word, mag die nael nie oorsteek nie.)

Juweliersware: Geen bandjies om arms, slegs ’n polshorlosie met ’n normale standaard band. Geen “slim” horlosies nie. Geen ander juwele of bykomstighede as horlosies mag deur seuns gedra word nie, behalwe allergiebandjies.

Meisies:

Hare: Kuiwe mag nie aan die wenkbroue raak nie en moet vasgesteek word, indien dit te lank is. Lang kuiwe en slierte mag nie in die gesig en voor of agter die oor hang nie. Hare wat bo-oor die kraag hang, moet vasgemaak word d.m.v. rekkies. Lang hare moet uitgekam en netjies vasgemaak wees. Hare mag nie gekleur word nie. Sonstrepe is ook nie toelaatbaar nie. Dogters mag vals hare dra in die vorm van vlegsels. Dit moet netjies en natuurlik op die kop vasgevleg wees – “roboza”-styl. Die vals hare moet dieselfde kleur as die leerder se eie hare wees.
Geen hare mag in die gesig hang nie. Dit mag nie onnatuurlik dik, lank of hoog wees nie. Geen krale mag in die hare ingevleg wees nie.

Vasmaakmiddels: Rekkies / Linte / “Banana clips” / Knippies / Vlinders / Strikkies (Dit moet klein wees en ’n maksimum van twee). Kopbande en “alicebands” mag nie breër as 5cm wees nie en ook nie versiersels op hê nie. Die kleure wat gebruik mag word: maroen / navy / wit.

Geen grimering mag gedra word nie.

Naels: Naels moet kort, netjies, skoon en sonder punte wees en mag nie oor die vingerpunt steek nie. (As daar van die palm se kant na die hand gekyk word, mag die nael NIE oorsteek nie.)
Juweliersware: Polshorlosie met ’n normale standaard band met geen ekstra versierings. Geen “slim” horlosies tydens enige vorm van assesserings toegelaat nie. Oorringe (nie groter as ‘n 20c) en standaard silwer of goue knoppies wat ingeskiet is. Geen knoppies met steentjies/patrone of gekleurde oorbelle nie. Slegs een oorring of knoppie per oor. Geen ander juwele of bykomstighede
mag gedra word nie, behalwe allergiebandjies.

* Enige besware weens kulturele en godsdienstige oortuiging moet skriftelik aan die
Skoolbeheerliggaam gerig word.