Main Content

Skoollied

Vers 1:

Waar die waters van Oranje,
die rivier wat lewe gee.
Deur berg en vlakte kronkel,
op sy lang pad na die see.
Daar staan ons skool Oranje-Noord,
wat ons bemin met daad en woord.

Hier woon ons vry, hier leer ons bly,
Ons lewe aan ons land te wy Suid-Afrika.
Getrou te wees met heel ons hart en siel en gees.

Hou hoog ons naam! (dogters)
Hou hoog ons skool! (seuns)
Oranje-Noord! (almal)

Vers 2

Uit die spruite groei die bome,
Van so klein tot groot gesien.
In veld by waterstrome,
Om die mens en dier te dien.
En groei ons skool Oranje-Noord,
Met volle krag beur ons steeds voort.

Van klein begin, het ons oorwin,
Ons gaan met moed die toekoms in
Om vir ons land en volk te werk.
Deur liefde, hoop, geloof gesterk.

Hou hoog ons naam! (dogters)
Hou hoog ons skool! (seuns)
Oranje-Noord! (almal)